Comrade 35101 Monique van Heerden - Novice
Monique & Dave se Comrades.
Na
on katastrofiese Oceans het ons darem op koers gekom met oefening vir
Comrades. Deurdat ons met siekte en beserings gesukkel het kon
ons net so 650km doen vanaf Januarie. Ons het geweet hoe vinnig
jy moet hardloop om klaar te maak en gehoop alles gaan goed sodat ons
dit kon regkry. Geluk moes aan ons kant wees en dit was.
Ons
het na die expo toe gegaan die Saterdag maar dit was so vol ons het net
geregistreer en gewaai. Ons het ‘n motor gehuur en deur gery
Pietermaritzburg toe maar as jy nog nooit die pad gesien het nie is dit
maar moeilik om te weet waar die roete gaan. Ons het Cowies en
Fields hill gemis. Eintlik het ons amper alles gemis, selfs die
hoenderplase so was ook nie voorbereid daarop nie
Ons
akkomodasie het amper soos ‘n huur per uur plek gelyk maar dit was 300m
van city hall so ons het maar vasgebyt. Was al 3 uur wakker maar kon
lekker rustig klaar maak. Dit was nie so koud nie en ons het so
half uur voor die begin op ons plek gaan staan. Dit is
ongelooflik om daar te staan tussen al die mense en al die liedere te
hoor en saam te sing wat jy altyd op TV hoor.
Ons
het goed begin maar hardloop spasie was maar min aan die agterkant vir
omtrent die eerste 20km. Dit was net mense waar jy kyk, voor jou en
agter jou. 30km in het my knie begin pyn, selfde probleem
waarvoor ek die operasie in my ander knie gekry het in Feb. Ek
het maar uitgehou. Daar was nie ‘n kans dat ek ophou nie.
Ons
het halfpad eers na 6 ure bereik. Ons het nie gedink ons gaan so
stadig wees nie. Dave sê toe vir my dis baie moeilik om die
tweede helfte vinniger te doen, so geen pitstops meer nie, ons sal moet
wikkel of ons maak dit nie. Hy vra altyd vir my hoe voel ek dan
moet ek ‘n nommer van 1 – 10 gee. Daardie dag het ek net eek
gevoel gehad: Ek kry vandag ‘n medalje.
My
been het ek al by 40km laat strap. Dit was pynlik om te hardloop,
maar nog seerder om te loop maar ek het nie ‘n keuse gehad nie.
Ek het omtrent gekreun as ons weer moes begin hardloop. Ons het
glad nie iets geëet langs die pad nie, net ons gu’s geneem en water en
koeldrank gedrink. Ek het geweet wat die laaste afsny punt tyd
was en ons het probeer om so lank as moontlik voor dit daar te
kom. Daar was nie tyd vir loop behalwe wanneer dit opdraande was
nie.
7km
om te gaan sien ons ek was verkeerd met die afsny tyd en ons het 10
minute ekstra gehad en dit was ‘n absolute geluk. 6km om te gaan
sê Dave vir my hy kan nie vinniger nie en ek moet vooruit gaan sodat ek
my medalje kan kry. Ek wou nie, maar het geweet ek moes. Ek was
so naby om my droom te bewaarheid. Met 4km om te gaan besluit ek
om net vir so 30 sekondes te loop sodat ek krag het vir die afdraande
voor my. Net toe ek begin loop sê Dave vir my kom, geen tyd vir
loop nie. Ek was so bly om hom te sien. Met 2 km oor het
ons geweet ons gaan dit maak, net nie val of iets nie. Dit het
gevoel of ons die enigste mense op daardie gras is. Jy kyk net na
die banners tot jy die laaste een sien. Die trane het natuurlik
geloop, soos almal gesien het op TV.
Ons
het dit gemaak!! Ek was baie bly dat ek kon sê ek het comrades geniet
en dat ek dit weer wil doen. Ons het op mekaar staat gemaak en ek
is baie bly dat ons heelpad bymekaar kon bly en die einde saam kon
bereik. Ek sal beslis weer terug wees, alhoewel nie volgende jaar
nie. Ek het nou ‘n nuwe droom geformuleer – ‘n sub 9 comrades, en
daarvoor moet ek baie oefen. Baie geluk aan almal wat die
lang pad saam met ons aangedurf het.
External links: Official Comrades Marathon
website
|